| Gastehuis in Johannesburg | Johannesburg Gastehuis |
 
Abbotsford en Abbotsford House

Abbotsford is ‘n klein voorstad van 4 strate in Johannesburg en grens aan Oaklands wat minder as 5 min se ry is na Rosebank, die Pick 'n Pay Hypermarket by die pas opgeknapte Norwood Mall , Orchards, Houghton, Waverley. Dis skaars 10 min se ry op die agterpaaie na die Sandton voorstede Athol, Inanda and Sandown. The Melrose Tempel is in Abbotsford.

Dit vat 1 – 2 min om van Abbotsford House Gastehuis in Johannesburg by die Virgin Active Gym by Old Eds Klub in Houghton te kom. Daar is ook ‘n Planet Fitness gim en ‘n Camelot Gesondheidspa by die Wanderers Klub.

Houghton is die wellewende, gevestigde voorstad van Johannesburg waar Madiba bly.

Ook in Houghton, Johannesburg, is die Diabetic-sentrum, die Internasionale Bemarkingsraad end Nelson Mandela Stigting.

Vir gholfliefhebbers is top gholfklubs in Suid-Afrika – Killarney Gholfklub, Houghton Gholfklub and the Wanderers Gholfklub, – naby ons gastehuis geleë.

Melrose Arch brei by die dag uit en het allerlei restaurante, winkels, kantore, ‘n hotel en wooneenhede. Vir besoekers aan Johannesburg is Abbotsford House se verblyf ‘n billike alternatief tot dié by Melrose Arch.

Great Park Sinagoge is loopafstand van Abbotsford House Gastehuis af. ‘n Entjie verder in Glenhoveweg, minder as 1 km van die gastehuis soos die kraai vlieg, is die Glenhove Konferensiesentrum.
   


Abbotsford House Johannesburg South Africa

Vir vermaak in die noordelike voorstede van Johannesburg, Suid-Afrika is daar flieks in The Zone, die Mall of Rosebank , Sandton City en Killarney Winkelsentrum.

Nabygeleë Johannesburgse teaters is die Civic Theatre, die Linder Ouditorium en die Theatre on the Square at Nelson Mandela Plein.

Ons gastehuis is baie naby die M1 op- en afritte is by Glenhoveweg en Athol Oaklands. Daarom is dit baie maklik om by ander dele van Johannesburg te kom, onder andere Parktown, Johannesburgse middestad, selfs Gold Reef City in Ormonde in die suide, asook Sandton, Rivonia, Woodmead, Midrand, ens. noordwaarts. In normale verkeerstoestande ry ‘n mens sowat 45 min van die middestad van Pretoria tot by Abbotsford House in Johannesburg.

 

 

Naby en Interessant
Rosebank | Oaklands | Norwood Mall | Orchards | Waverly | Sandton | Melrose Temple | Old Eds Virgin Active | Houghton | Planet Fitness | Wanderers Krieketstadion | Camelot Gesondheidspa | Nelson Mandela Stigting | Killarney Gholfklub | Houghton Gholfklub | Wanderers Golf Club | Great Park Sinagoge | Melrose Arch | The Zone | Rosebank Mall | Sandton City | Civic Theatre | Linder Ouditorium | Ellis Park Stadion | Theatre on The Square Sandton | Nelson Mandela Plein | Glenhove Konferensiesentrum |

| Gastehuis in Johannesburg | Johannesburg Gastehuis |

 
  Read In English