|
Abbotsford House is ‘n bekoorlike Engelse-styl gastehuis omring van ‘n groen, skaduryke tuin van amper ‘n akker in die rustige voorstad Abbotsford naby Rosebank in die hartjie van die noordelike voorstede van Johannesburg, Suid-Afrika.
Abbotsford is ‘n klein voorstad van 4 strate langs Oaklands wat minder as 5 min se ry is na Rosebank, die Pick ‘n Pay Hipermark by die pas opgeknapte Norwood Mall, Orchards, Houghton, Waverley. Dis skaars 10 min se ry op die agterpaaie na die Sandton voorstede Athol, Inanda en Sandown. Die Melrose Tempel is in Abbotsford.
Ons het 4 weelderige tweebed/dubbelkamers, elk met ‘n badkamer en suite. Elke kamer het ‘n mini-kroegyskas, kluis en volle breëband-konneksie.

|