| Gastehuis in Johannesburg | Johannesburg Gastehuis |
Kaarte en Aanwysings na Abbotsford House
26° 08' 41.06"S | 28° 03' 58.03"E
Abbotsford House is goed geleë in die hartjie van die lowerryke noordelike voorstede van Johannesburg, naby al die hoofpaaie, maar in ‘n stil straat.
Ons gastehuis is baie naby die M1 op- en afritte by Glenhoveweg en Athol Oaklands. Daarom is dit baie maklik om by ander dele van Johannesburg te kom, onder andere Parktown, Johannesburgse middestad, selfs Gold Reef City in Ormonde in die suide, asook Sandton, Rivonia, Woodmead, Midrand, ens. noordwaarts. In normale verkeerstoestande ry ‘n mens sowat 45 min van die middestad van Pretoria tot by Abbotsford House in Johannesburg.
Binne bereik van sentrale en voorstedelike sake- en winkelsentra, insluitend Sandton en die Sandton Konferensiesentrum, Rosebank en Killarney.
Dit is enkele minute van die Wanderers Klub, Oaklands Winkelsentrum, Marble Arch sake- en restaurantkompleks, die Virgin Active Gim by old Eds en die Norwood Hipermark.
Van OR TAMBO Internasionale Lughawe in Johannesburg af:
Volg die tekens na Johannesburg. By Gilooly’s wisselaar, vat die N3 NOORD na Pretoria. Vat die volgende afrit (LINKSFIELDWEG). Draai REGS waar die afrit eindig en ry teen die bult uit. Bo-op die bult, by die groot verkeerslig-kruising en kwekery op regterhand, draai REGS. Nou is daar ‘n gholfbaan aan jou linkerkant. Ry bult af deur die Sandringham duik. Wanneer jy die opdraand vat, is Sandringham High School aan jou linkerkant. Ry oor die verkeerslig. Hou aan met dieselfde pad, wat deur Glenhazel kronkel. Na sowat 1,5km kry jy weer ‘n bult met Northview High School aan die regterkant. Hou reguit aan met Balfour Park winkels aan jou regterkant, tot by Louis Bothalaan. Draai LINKS in Louis Bothalaan. Draai by die eerste pad REGS (Zenex vulstasie) in 11de Laan, Highlands-Noord. Ry bult af en dan weer op. Draai na ongeveer twee derdes teen die opdraand REGS in Parkstraat. Draai by die eerste pad LINKS in FIRSTSTRAAT. Ons is die tweede huis op LINKERKANT. Firststraat no 16.
Van Sandton af:
Ry op die M1 Suid en vat die Athol Oaklands afrit.
Wanneer jy die hoofweg verlaat, hou LINKS. Jy kom dadelik by ‘n T-aansluiting. Draai REGS. Tel 4 strate aan jou linkerkant. Die eerste is 3de Straat, dan 4de Straat, 3de Straat en dan FIRST- (Eerste) STRAAT. Draai LINKS in FIRSTSTRAAT. ABBOTSFORD HOUSE is in die eerste blok, een huis duskant die stopstraat, aan die REGTERKANT.
Van Johannesburgse middestad af:
Ry met die M1 Noord en vat die GLENHOVE-afrit..
Wanneer jy die hoofweg verlaat, draai REGS. Ry oor die hoofweg. Hou sowat 1km aan tot by ‘n groot kruising met ‘n winkelsentrum en veearts. Draai LINKS in Athol Oaklandsweg (ook genoem Krugerstraat). Draai by die tweede pad REGS in FIRSTSTRAAT. ABBOTSFORD HOUSE is in die eerste blok, een huis duskant die stopstraat, aan die REGTERKANT.
|