| Gastehuis in Johannesburg | Johannesburg Gastehuis |
 
Doendinge in Johannesburg
Wêreldklas Vermaak  

 

Abbotsford House  - Gastehuis Johannesburg

Vir vermaak in die noordelike voorstede van Johannesburg, Suid-Afrika is daar flieks in The Zone, die Mall of Rosebank , Sandton City en Killarney Winkelsentrum.

Nabygeleë Johannesburgse teaters is die Civic Theatre, die Linder Ouditorium en die Theatre on the Square at Nelson Mandela Plein.

Ons gastehuis is baie naby die M1 op- en afritte is by Glenhoveweg en Athol Oaklands. Daarom is dit baie maklik om by ander dele van Johannesburg te kom, onder andere Parktown, Johannesburgse middestad, selfs Gold Reef City in Ormonde in die suide, asook Sandton, Rivonia, Woodmead, Midrand, ens. noordwaarts. In normale verkeerstoestande ry ‘n mens sowat 45 min van die middestad van Pretoria tot by Abbotsford House in Johannesburg.

Johannesburg is die voorste vermaakstad in Suid-Afrika en een van die gewildste toeriste-attraksies is Gold Reef City, net suid van die middestad. Vir ‘n ontspanne daguitstappie kan besoekers piekniek hou by die Dieretuinmeer, ‘n hanetree van die Johannesburgse Dieretuin af.

Dit vat 1 – 2 min om van Abbotsford House Gastehuis in Johannesburg by die Virgin Active Gim by Old Eds Klub in Houghton te kom. Daar is ook ‘n Planet Fitness gim en die Camelot Gesondheidspa by die Wanderers Klub.

Houghton is die wellewende, gevestigde voorstad van Johannesburg waar Madiba bly.

Ook in Houghton, Johannesburg, is die Diabete-sentrum, die Internasionale Bemarkingsraad en die Nelson Mandela Stigting.

Vir gholfliefhebbers is top gholfklubs in Suid-Afrika – Killarney Gholfklub, Houghton Gholfklub and the Wanderers Gholfklub, – naby ons gastehuis geleë.

Great Park Sinagoge is loopafstand van Abbotsford House Gastehuis af. ‘n Entjie verder in Glenhoveweg, minder as 1 km van die gastehuis soos die kraai vlieg, is die Glenhove Konferensiesentrum.

Melrose Arch brei by die dag uit en het allerlei restaurante, winkels, kantore, ‘n hotel en wooneenhede. Vir besoekers aan Johannesburg is Abbotsford House se verblyf ‘n billike alternatief tot dié by Melrose Arch.

 

Naby en Interessant
Rosebank | Oaklands | Norwood Mall | Orchards | Waverly | Sandton | Melrose Temple | Old Eds Virgin Active | Houghton | Planet Fitness | Wanderers Krieketstadion | Camelot Gesondheidspa | Nelson Mandela Stigting | Killarney Gholfklub | Houghton Gholfklub | Wanderers Golf Club | Great Park Sinagoge | Melrose Arch | The Zone | Rosebank Mall | Sandton City | Civic Theatre | Linder Ouditorium | Ellis Park Stadion | Theatre on The Square Sandton | Nelson Mandela Plein | Glenhove Konferensiesentrum |


| Gastehuis in Johannesburg | Johannesburg Gastehuis |

  Read In English